Matteus 13
13
Die saaier
1Later die dag is Jesus af na die meer toe. 2Daar was so baie mense saam met Hom dat Hy in ân bootjie moes klim sodat almal Hom kon sien. Die mense het op die wal bly staan. Jesus was lief om verhale in sy preke te gebruik om so sy boodskap vir die mense duideliker te maak. Met die bootjie as sy kansel het Hy begin preek: 3âDaar was ân boer wat saad in sy land gaan saai het. Hy het die saad met sy hand oor die grond uitgestrooi. Met die strooi het van die saadjies op die voetpad deur die land geval. 4Die voĂ«ls was dadelik by en gou was daar niks van hierdie saad meer oor nie. 5Van die ander saad het op die groot rotse in die land geval. In die holtes van die rotse was daar grond. Die saad het gou opgekom, maar kon nie wortels maak in die vlak grond nie. Daarom kon die plantjies nie grootword nie. 6Die son het hulle gou doodgebrand. 7Van die saad het ook tussen lae doringbosse beland. Soos die bosse groter geword het, het dit die plantjies heeltemal doodgedruk. 8Dan het daar ook saad in die land self geval waar die grond goed voorberei was. Daardie plante het goed gegroei en ân oes gegee wat alle verwagtings oortref het.
âHoor julle wat Ek vir julle sĂȘ?
9âAsseblief, luister mooi!â
Verhale: om te verstaan of nie te verstaan nie
10Voor Jesus verder kon praat, vra sy getrouste volgelinge Hom: âU vertel altyd verhale wanneer U preek. Hoekom?â
11âAs julle mooi na my verhale luister, sal julle baie oor God se mag in hierdie wĂȘreld leer. Julle sal dinge hoor wat julle nog nooit oor God se nuwe wĂȘreld gehoor het nie. Julle wat My ken, sal die verhale reg kan verstaan.
âMaar wie die verhale nie met die oog op my boodskap wil verstaan nie, sal nooit weet wat dit beteken nie. 12Hoe meer julle van God se nuwe wĂȘreld verstaan, hoe duideliker sal die verhale vir julle word. Hoe duideliker dit word, hoe meer sal julle van God se nuwe wĂȘreld verstaan. Vir mense wat egter nie die verhale wil verstaan soos Ek dit bedoel nie, sal dit net leĂ« stories bly. 13Daarom vertel Ek vir hulle verhale. Mense wat nie my boodskap wil hoor nie, sal hier rondstaan en nie ân woord begryp van wat hier aangaan nie. Mense wat nie wil aanvaar dat God hier en nou werk nie, sal niks verstaan van wat besig is om te gebeur nie.
14âWat die profeet Jesaja gesĂȘ het, is hier net so waar: julle sal alles hoor wat gesĂȘ word, maar dit sal by die een oor ingaan en by die ander oor uit; alles sal voor julle oĂ« gebeur, maar julle sal voorgee dat niks gebeur het nie. 15Hierdie mense is hardekop. Hulle hou hulle doof en blind. Daarom dring niks tot hulle deur nie. Van wat besig is om te gebeur verstaan hulle net mooi niks nie.
âEn wat is die gevolg? Hulle wil niks aan hulle verkeerde gesindheid teenoor My doen nie. Daarom sal Ek hulle ook nie geestelik gesond maak nie.
16âMet julle is dit egter anders. Julle is gelukkig, want julle geestelike oĂ« sien en julle geestelike ore hoor. 17Baie van julle voorgeslagte wat God gedien het (soos profete en ander gelowiges wat aan God getrou was), sou wat wou gee om net hier te kon wees waar julle is. Hulle sou so graag wou hoor en sien wat julle hoor en sien. Maar natuurlik kan hulle nie, want hulle het nie die kans gehad nie.â
Die saad is mense
18âLaat Ek nou eers vir julle verduidelik hoe julle die verhaal van die boer wat gaan saai het, moet verstaan.
âDaar het saad op die voetpad geval ... Wel, baie mense luister na die boodskap van God se nuwe wĂȘreld, maar dit sink nie in nie en hulle steur hulle nie daaraan nie. 19Die Bose sorg dan dat daardie mense baie gou vergeet wat hulle gehoor het. Die Bose pik asât ware die woorde uit daardie mense se gedagtes uit.
20âDaar het ook saad in die holtes van die rotse geval ... Party mense hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde, maar net ân rukkie lank. Sodra hulle geloof iets van hulle begin vra of hulle opofferings moet maak, is hulle skielik nie meer so opgewonde en oortuig van alles nie. 21Gou bly daar niks meer van hulle sogenaamde nuwe geloof oor nie.
22âAnder saad het weer tussen die doringbosse geval ... Dit is soos iemand wat God se boodskap gretig aanvaar. En tog, in die alledaagse lewe word die eise wat sy beroep stel en al die ander dinge waarmee hy hom besig hou, ja, selfs die gejaag na geld, vir hom belangriker as sy geloof. Hy het nie meer tyd of krag oor om vir die Here te werk nie. So verdring al hierdie ander dinge die geloof eenvoudig uit sy lewe uit. Later kan ân mens nie eens meer agterkom dat hierdie persoon Jesus se boodskap so gretig aanvaar het nie.
23âDaar was ook goeie grond waarin die saad geval het ... Dit is iemand wat die boodskap van God gehoor het en diep daardeur getref is. Hy het met oorgawe reg begin leef. In alles wat hy doen of sĂȘ, borrel sy Christenskap eenvoudig uit. Daar is geen keer aan nie.â
Die onkruid in die koringland
24âMaar Ek het nog ân verhaal vir julle. Vergelyk nou hierdie verhaal met ân geestelike waarheid oor hoe God in die wĂȘreld regeer.
âDaar was ân boer. Hy het skoon saad, sonder enige onkruid tussenin, in sy land gesaai. 25Daardie nag, terwyl almal slaap, kom sy vyand skelm en saai ân klomp onkruid tussen sy koring. Hierdie onkruid het baie soos koring gelyk, maar toe die oes kom, was daar nie ân enkele koringaar aan die plante nie. Die koring en die onkruid het natuurlik lustig saamgegroei. 26Toe die koringare begin vorm, kom die plaaswerkers die probleem agter. 27Hulle is toe reguit na die boer toe. âMeneer, jy het dan sulke mooi skoon saad gesaai. Hoe is dit moontlik dat die land so vol onkruid staan?â 28Die boer sĂȘ toe: âWie anders as die vyand sal so iets doen?â
ââMoet ons die lande gaan skoonmaak?â wou die werkers weet. 29âNee,â sĂȘ die boer, ânetnou trek julle van die koring saam met die onkruid uit. 30Die onkruid moet nou maar saam met die koring groei tot die koring ryp is. As ons begin oes, sal ons eers die onkruid uithaal en verbrand. Dan kan ons die koring oes en in die skuur bĂȘre.ââ
31Jesus het voortgegaan met nog ân verhaal: âGod se nuwe wĂȘreld kan met ân baie klein saadjie, ân mosterdsaadjie, vergelyk word. Iemand vat daardie klein saadjie en plant dit buite. 32Uit hierdie piepklein saadjie groei so ân groot struik dat dit bo al die ander plante in die tuin uitstaan. Om die waarheid te sĂȘ, dit is so groot dat voĂ«ls selfs daarin nes kan maak.â
33Jesus het verder gepreek: âLuister nou na die verhaal oor die suurdeeg. God se nuwe wĂȘreld werk net so. ân Vrou vat ân bietjie suurdeeg en knie dit goed in ân groot skottel deeg in. Na ân ruk sal die suurdeeg elke stukkie deeg in daardie skottel laat rys.â
34So het Jesus die een verhaal na die ander vertel. 35Die profete het mos al voorspel:
âEk sal verhale gebruik as Ek preek. So sal Ek julle dinge vertel wat niemand nog ooit gehoor het nie.â
36Daarna is Jesus en sy getrouste volgelinge alleen huis toe. Daar gekom, vra hulle Hom: âOns verstaan nie mooi wat U met die verhaal van die onkruid bedoel het nie. Verduidelik dit asseblief vir ons.â
37Jesus het begin verduidelik: âDie boer wat die skoon saad saai, is die Seun. 38Die land waarin Hy saai, kan vergelyk word met die wĂȘreld. Die goeie saad is die mense in die wĂȘreld wat God dien. Die onkruid is die mense wat die Bose dien. 39Die vyand wat die onkruid saai, is die duiwel self. Die oestyd verwys na die tyd wanneer God die mense finaal kom oordeel. Die mense wat die oes insamel, is die engele van God.
âNou het ons die sleutel om die verhaal te verstaan. Kom ons sit nou alles bymekaar. 40Ons het gesien dat die onkruid nĂĄ die oes eenkant gegooi en verbrand word. Wanneer God mense finaal kom oordeel, gaan hierdie wĂȘreld net so aan ân einde kom. 41Die Seun gaan sy engele stuur om te kom oes. Hulle gaan eers al die mense bymekaarmaak wat ander so op die verkeerde pad lei en nie doen wat God wil nie. 42Vir hierdie mense is daar dan geen uitkoms meer nie, net die vlamme van die hel. Daar sal hulle van pyn krul en om hulp skreeu, maar alles tevergeefs. 43Die mense wat reg geleef het, sal dan die nuwe wĂȘreld van hulle Vader skitterend versier.
âNeem hierdie dinge ernstig op.
âLuister mooi na wat Ek sĂȘ.â
Nog ân paar verhale
44âLuister ook hierna. Om God as jou Here te hĂȘ is so spesiaal dat dit vergelyk kan word met ân skat. Die skat het in die veld gelĂȘ. Toevallig ontdek iemand dit toe eendag, maar hy kon dit nie vat nie omdat dit nie sy grond was nie. Hy maak die skat toe weer mooi toe. Hy was so opgewonde daaroor dat hy al sy besittings gaan verkoop het. Met die geld het hy toe daardie stuk grond gaan koop.
45âDie vergelykings met ân juwelier en ân visnet kan julle ook help om te verstaan wat God se nuwe wĂȘreld vir mense kan beteken.
46âân Juwelier het die wĂȘreld vol gereis op soek na goeie pĂȘrels. Skielik loop hy ân uitsonderlike en baie waardevolle pĂȘrel raak. Hy wou dit vreeslik graag hĂȘ. Daarom gaan verkoop hy toe alles wat hy het en koop die pĂȘrel.
47âJulle weet mos dat allerhande soorte vis gewoonlik met nette in die meer gevang word. 48As die net vol vis is, sleep hulle dit wal toe. Dan soek hulle eers die vis uit. Die eetbare vis hou hulle, en hulle raak ontslae van die vis wat hulle nie wil hĂȘ nie.
49âBy die laaste oordeel sal dit ook so gaan met die mense. Die mense wat reg gelewe het, sal by God gaan staan.
50âMaar die hel is die voorland van hierdie klomp slegte mense wat niks vir God omgegee het nie. Daar sal hulle skreeu en kerm van pyn, maar alles tevergeefs.
51âBegin julle nou verstaan wat Ek vir julle wil sĂȘ?â
Die dissipels antwoord: âBeslis!â
52Jesus sĂȘ toe vir hulle: âIemand wat geleerd is in die Joodse wet ken die ou boodskap. As hy My begin volg en verstaan, leer hy ook die nuutheid van God se boodskap ken. Hy is soos iemand wat ou en nuwe dinge in sy huis het en presies weet waar elkeen se plek is.â
Jesus se eie dorpsmense verkleineer Hom
53Jesus is van die meer af terug huis toe. 54Later is Hy na die byeenkoms van die Jode toe waar Hy lank met die mense oor God se nuwe wĂȘreld gesels het. Hy het aan hulle verduidelik hoe hulle dit moet verstaan. Dit het die mense baie nuuskierig aan die praat gesit. âWaar kom hy aan al hierdie kennis en die krag om hierdie wonderlike dinge te doen?â het hulle gewonder. 55âIs sy pa nie maar ân eenvoudige skrynwerker nie? By hom kon hy dit sekerlik nie geleer het nie! En die res van sy familie? By hulle ook nie. Ons ken hulle almal goed, van sy ma Maria af, sy broers Jakobus, Josef, Simon en Judas en sy susters ook, die hele klomp van hulle.
56âHulle is maar ongeleerde mense net soos ons. Dit kon nie een van hulle gewees het wat hom dit geleer het nie. Nou wonder ons, waar kom hy aan alles?â Met alles wat Hy geweet en gedoen het, het Hy vir hulle soos ân vreemdeling gevoel. Hulle kon Hom nie verstaan nie en het nie gevoel dat Hy deel van hulle was nie. 57Daarom het hulle hul skouers vir Hom opgetrek en gemaak asof hulle Hom nie raaksien nie.
Jesus was gelate daaroor: âNou ja, so gaan dit maar. Oral erken mense dat hulle by My die boodskap van God duidelik hoor. Maar hier by die huis hou my eie mense hulle snaaks en wil niks hoor en nie na rede luister nie.â Jesus het nie eens verder gesukkel nie. 58Omdat hulle Hom so sleg behandel het, het Hy nie juis veel wonderwerke daar gedoen nie.
Tans Gekies:
Matteus 13: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hĂȘ? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: