Op ’n ander keer is Jesus weer na die bymekaarkomplek van die Jode toe. Daar was ’n man wie se hand heeltemal inmekaargetrek was. Daar was Fariseërs wat Jesus graag in die moeilikheid wou bring. Hulle het Hom fyn dopgehou om te sien of Hy die gebreklike man op die sabbat gesond sou maak. Jesus stel hulle toe nie teleur nie. Hy sê vir die siek man: “Kom staan hier waar almal jou kan sien.” Toe draai Jesus na die moeilikheidmakers toe: “Wat dink julle mag ’n mens op die sabbat doen? Moet jy goeddoen, of kwaad? Moet jy iemand se lewe red, of hom doodmaak?” Hulle het niks gesê nie. Jesus het verontwaardig na hulle gekyk. Hy was veral omgekrap omdat hulle nie hulle fout wou insien en erken dat hulle verkeerd was nie. Hy sê toe vir die siek man: “Steek uit jou hand.” Hy doen dit toe, en daar was sy hand heeltemal gesond. Die godsdienstige Jode wat aan die party van die Fariseërs behoort het, is toe daar uit en het saam met die mense wat Herodes ondersteun het, begin planne maak om Jesus dood te maak.
Lees Markus 3
Deel
Vergelyk alle weergawes: Markus 3:1-6
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's