Spreuke 7
7
Hoe kan ’n vrou ’n man darem nie verlei nie
1Jong vriend, onthou wat ek jou oor die lewe geleer het. Bêre my voorskrifte in jou gemoed. Leef daarvolgens en jy sal gelukkig wees.
2Laat my voorskrifte vir jou so kosbaar soos die lewe self wees. Bind dit soos ’n stukkie lint aan jou vinger. 3Graveer dit so diep in jou hart dat jy dit nooit vergeet nie. 4Maak die spreuke se wysheid so jou eie dat dit vir jou soos ’n geliefde suster sal wees. Word met die spreuke se voorskrifte so bekend soos ’n mens ’n familielid baie goed leer ken. 5Dan sal dit jou teen die los vrou beskerm, teen die soet, verleidelike woorde van ’n vreemde vrou.
6Op ’n dag het ek by my venster gesit. 7Deur die kantgordyn het ek ’n klomp mense gesien. Hulle was dom. Hulle het nie geweet hoe om reg en gelukkig te leef nie. Onder hulle was daar veral een jongman. Hy was nog dommer as die ander. 8Hy het opgetree asof hy nie verstand het nie.
9Net voordat dit heeltemal donker was, het hy ongemerk na die straathoek toe gestap. 10Dit was die plek waar daar altyd ’n vrou gestaan het. Hy wou nog vinnig met die trappe na haar huis opdraf toe die vrou hom sien. ’n Mens kon aan haar kleredrag sien sy is ’n straatvrou. 11Sy was listig, slu en geslepe. Haar huis het te klein vir haar geword. Sy moes net uit. 12In die strate, op die markpleine en elke straathoek het sy mans ingewag.
13Sy het die jongman vriendelik nader geroep. Sy sou alles doen om sy weerstand te breek. Haar strategie was fyn beplan, alles netjies uitgewerk. 14Sy vertel hom hoe sy vroeër die dag by die tempel was. Sy het geoffer en haar geloftes betaal. 15’n Deel van die offervleis moes sy dié aand saam met ’n ander gelowige geniet. En die jongman was net die regte een. Hy moes by haar gaan eet. Hoe kon hy weier? Alles lyk dan so goed en reg.
16Toe die jongman nog weifel, vertel sy hom van haar beddeken. Dit was nou ’n pragstuk. Kleurryk en van Egiptiese linne. Hy moes dit net sien. 17Boonop het sy die bed met lekkerruikgoed bestrooi. Daar is geen uitkomkans nie. Hy moes gaan kyk.
18In die kamer kyk hy angstig rond. Dalk is haar man daar. Sy stel hom egter gerus: “Moenie bang wees nie. 19My man is nie hier nie. 20Hy is ver weg op ’n sakereis en sal nie gou terugkom nie.” 21Hulle praat nog so, toe sy dit reguit sê: “Kom ons neem ons kans waar en slaap saam. Ons kan mekaar se liggame geniet, mekaar liefhê. En daar is geen haas nie. Ons kan tot vroegoggend aanhou.”
22Die jongman het toegegee. Sy het hom oortuig. Haar stroperige woorde het hom verlei. Sonder om ’n oomblik verder te dink, doen hy wat sy sê. Dit is verskriklik. Hy is soos ’n bees wat slagpale toe loop, soos ’n voëltjie wat oopoë in ’n lokval instap. 23Hy kom nie agter dat sy lewe op die spel is nie. Soos die ringe om haar voet word hy stadig maar seker vasgeketting. Soos ’n koeël iemand se liggaam deurboor, so sal hierdie vrou sy lewe vernietig.
24Jong vriend, luister nou mooi na wat ek sê. Neem my woorde ernstig op. 25Moet nooit agter haar aanloop nie. Moet nooit na haar huis toe gaan nie. 26Sy het al baie mans verlei. 27Vandag is hulle spyt daaroor, want haar huis is soos die dood. Daar word jou lewe geheel en al verwoes.
Jong vriend, dit is nie die moeite werd nie.
Tans Gekies:
Spreuke 7: DB
Kleurmerk
Deel
Kopieer
Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan
2002. Gebruik met toestemming van Christelike Uitgewersmaatskappy,Posbus 1599, Vereeniging, 1930. Alle regte voorbehou.

: