Psalms 137:1-4

Psalms 137:1-4 DB

Ver van die huis af het ons gesit, eensaam by ’n rivier in Babilon. Daar was ons slawe in die vreemde. Ons het gehuil. Sonder ’n land en ons eie plek om die Here te aanbid het ons gehuil as ons aan die huis terugdink. Ons wou nie meer sing en musiek maak nie. Die mense wat ons gevang en so sleg behandel het, het ons gespot. Hulle wou hê ons moet vrolik sing en bly wees, maar ons kon nie. Hulle het geëis: “Sing ’n lied oor die Here se woonplek in Jerusalem!” Hoe kan ons liedere sing wat al die ou herinnerings terugbring? Dit is net nie dieselfde om die Here hier te loof nie. Ons is te ver van die plek af waar ons Hom altyd gedien en aanbid het.