Psalms 8

8
1Vir die musiekleier se aandag:
’n Dawidspsalm met die wysie “Gittiet”
2Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!
Alles wat U in die hemelruim gemaak het, vertel hoe groot U regtig is.
Uit die blou lug klink simfonieklanke wat aan U lof bring.
3Deur swak en klein mensies word u groot krag hier op aarde uitgebasuin,
deur ’n baba wat geluidjies maak of ’n pap babatjie in ’n ma se arms.
U groot krag laat almal wat met U probeer baklei gou-gou stil word.
4As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan,
melkwegstelsels en miljoene sterre,
snak ek na my asem as ek sien hoe piepklein die mens regtig is.
Hoekom gee U vir hom om?
5En tog, hoeveel gee U nie om vir hierdie piepklein mensie nie!
Dink net: U sorg vir hom. Hy is vir U baie belangrik.
6U het hom so belangrik gemaak dat hy amper soos U is;
U behandel hom soos ’n koning; U gee ’n baie hoë posisie aan hom. U wil hê dat die mens oral moet wys hoe groot U is. Hy is mos u verteenwoordiger. Hy regeer oor die hele aarde.
7U laat hom soos ’n groot leier oor u handewerk regeer. Hy moet vir alles sorg wat U gemaak het.
8-9Veral die diere is van hom afhanklik - die vee, wilde diere, voëls en visse.
10Here, ons Here, hoe groot is U nie; U word oor die hele aarde geprys!

Tans Gekies:

Psalms 8: DB

Kleurmerk

Deel

Kopieer

None

Wil jy jou kleurmerke oor al jou toestelle gestoor hê? Teken in of teken aan