2 KRONIEKE 1:11-12

2 KRONIEKE 1:11-12 AFR83

God het vir Salomo geantwoord: “Omdat jy dít besluit het en jy nie rykdom, besittings, aansien of jou vyande se lewens gevra het nie, en ook nie 'n lang leeftyd nie, maar wysheid en kennis waarmee jy my volk oor wie Ek jou koning gemaak het, kan regeer, daarom word die wysheid en kennis aan jou geskenk. Maar Ek gee jou bowendien rykdom, besittings en aansien soos die konings voor jou nie gehad het nie en dié ná jou ook nie sal hê nie.”

Gratis leesplanne en oordenkings oor 2 KRONIEKE 1:11-12