DEUTERONOMIUM 9:5

DEUTERONOMIUM 9:5 AFR83

Dit is nie omdat jy volmaak en opreg is dat jy sal ingaan om hulle land in besit te neem nie. Omdat hierdie nasies so goddeloos is, sal die Here jou God hulle verdryf, en so sal Hy die belofte vervul wat Hy met 'n eed aan jou voorvaders Abraham, Isak en Jakob gemaak het.