DIE OPENBARING 13:14-15

DIE OPENBARING 13:14-15 AFR83

Aan hom is daar mag gegee om wondertekens namens die dier te doen, waardeur hy die bewoners van die aarde mislei. Hy sê die bewoners van die aarde ook aan om 'n beeld op te rig vir die dier wat die litteken van die slagmes het en wat weer lewend geword het. Aan hom is daar ook mag gegee om asem in die dier se beeld te blaas, sodat die beeld kan praat en almal kan laat doodmaak wat nie die beeld aanbid nie.