1 KRONIEKE 10:13-14
1 KRONIEKE 10:13-14 Bybel vir almal (ABA)
Saul het gesterf omdat hy ontrou was aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here vir hom gesê het nie en hy het vir 'n gees gaan vra wat hy moet doen. Hy het nie vir die Here gevra nie. Daarom het die Here vir Saul laat sterf en het Hy vir Dawid seun van Isai koning laat word.
1 KRONIEKE 10:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Saul het gesterwe weens ontrou wat hy teen die HERE begaan het, weens die woord van die HERE wat hy nie gehou het nie; en ook omdat hy die gees van 'n afgestorwene om inligting gevra het, maar die HERE nie geraadpleeg het nie. Daarom het Hy hom omgebring en die koningskap laat oorgaan op Dawid, die seun van Ísai.
1 KRONIEKE 10:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Saul is dood oor die troubreuk wat hy teenoor die Here begaan het deurdat hy aan die bevel van die Here ongehoorsaam was, en ook deurdat hy raad gevra het by 'n gees in plaas van die Here te raadpleeg. Daarom het die Here hom doodgemaak en sy koningskap laat oorgaan op Dawid seun van Isai.
1 KRONIEKE 10:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Saul het gesterf vanweë sy troubreuk wat hy teen die HERE gepleeg het, aangesien hy die woord van die HERE nie nagekom het nie, en omdat hy boonop by die gees van 'n dooie navraag gedoen en dié geraadpleeg het. Hy het nie die HERE geraadpleeg nie, en Hy het hom laat sterf. Hy het die koningskap laat oorgaan na Dawid, seun van Isai.
1 KRONIEKE 10:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
So het Saul dan gesterwe weens sy oortreding wat hy teen die HERE begaan het, teen die woord van die HERE wat hy nie bewaar het nie, en ook omdat hy raad gevra het van iemand wat 'n bekende gees gehad het om dit te raadpleeg; En hy het die HERE nie geraadpleeg nie; daarom het hy hom gedood en die koningskap oorgegee aan Dawid, die seun van Isai.
1 KRONIEKE 10:13-14 Die Boodskap (DB)
Saul is dood, want hy was ontrou aan die Here. Hy het nie gedoen wat die Here gesê het nie en hy het ’n dooie se gees geraadpleeg in plaas van om by die Here raad te vra. Daarom het die Here hom laat doodgaan en die koningskap na Dawid, Isai se seun, laat oorgaan.
1 KRONIEKE 10:13-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Saul is dood omdat hy ontrou aan die HERE was. Hy het nie die HERE se opdrag gehoorsaam nie, en het selfs leiding by iemand gaan soek wat geeste oproep. Hy het nie die HERE geraadpleeg nie. Daarom het die HERE hom doodgemaak en die koningskap aan Dawid seun van Isai gegee.