1 KRONIEKE 16:11-12
1 KRONIEKE 16:11-12 Die Boodskap (DB)
Vra vir die Here om heeltyd by julle te wees met sy groot krag. Moenie dat daar ’n dag verbygaan dat julle nie naby Hom is nie. Dink aan al die groot wonderwerke wat die Here gedoen het. Onthou sy magtige dade, hoe Hy sy voorskrifte aan ons gegee het.
1 KRONIEKE 16:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet die Here kom dien, Hy is sterk, julle moet altyd naby Hom wil bly. Julle moet dink aan sy wonderwerke wat Hy gedoen het, julle moet dink aan sy tekens toe Hy sy vyande gestraf het.
1 KRONIEKE 16:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Vra na die HERE en sy sterkte; soek sy aangesig altyddeur. Dink aan sy wonders wat Hy gedoen het, aan sy wondertekens en die oordele van sy mond
1 KRONIEKE 16:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soek hulp en beskerming by die Here, soek gedurig sy teenwoordigheid. Julle moet dink aan die magtige dade wat Hy gedoen het, aan sy wonders, aan die reddingsdade op sy bevel
1 KRONIEKE 16:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soek die HERE en sy krag, soek voortdurend sy teenwoordigheid op. Roep die wonders wat Hy gedoen het in herinnering, sy tekens en die oordele van sy mond