1 KRONIEKE 16:25
1 KRONIEKE 16:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want die HERE is groot en baie lofwaardig, en Hy is gedug bo al die gode.
1 KRONIEKE 16:25 Die Boodskap (DB)
Die Here is baie groot en daarom moet ons Hom met die mooiste woorde grootmaak. Hy is groter as alle ander gode.
1 KRONIEKE 16:25 Bybel vir almal (ABA)
Want die Here is groot, mense moet Hom baie prys, hulle moet vir Hóm bang wees, nie vir al die afgode nie.
1 KRONIEKE 16:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode.
1 KRONIEKE 16:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want groot is die HERE en besonder lofwaardig; Hy is ontsagwekkend, meer as alle gode.