1 KRONIEKE 16:31
1 KRONIEKE 16:31 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Laat die hemele bly wees en die aarde juig, en laat hulle onder die volke sê: Die HERE is Koning!
1 KRONIEKE 16:31 Die Boodskap (DB)
Die hemel en elkeen wat daar is, moet van opgewondenheid oorloop. Die aarde en elkeen wat daar is, moet hulle blydskap uitskreeu. Vertel vir elkeen op hierdie aarde: “Die Here is koning!”
1 KRONIEKE 16:31 Bybel vir almal (ABA)
Die hemel moet bly wees, die aarde moet juig, hulle moet vir die volke sê: ‘Die Here is Koning.’
1 KRONIEKE 16:31 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, hulle moet onder die nasies verkondig: “Die Here regeer.”
1 KRONIEKE 16:31 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Laat die hemel bly wees, en die aarde juig. Mense onder die nasies sê: “Die HERE regeer!”