1 KORINTIËRS 1:3-7
1 KORINTIËRS 1:3-7 Bybel vir almal (ABA)
Ons bid dat God ons Vader en die Here Jesus Christus genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle vrede sal gee. Ek sê altyd vir my God dankie wanneer ek aan julle dink. Ek sê dankie, want God is baie genadig vir julle omdat julle in Christus Jesus glo. Ja, God het julle baie geseën omdat julle aan Christus Jesus behoort. Julle verstaan die goeie boodskap van Christus Jesus en julle verduidelik dit ook goed vir mekaar. Julle kan dit doen omdat julle die boodskap vas glo wat die apostels vir julle gebring het. Julle het al die genadegawes ontvang wat die Here vir julle gegee het. En julle hou aan om te wag vir die dag wanneer God vir almal ons Here Jesus Christus sal wys sodat ons Hom kan sien.
1 KORINTIËRS 1:3-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is, dat julle in alle opsigte in Hom ryk gemaak is, in elke woord en alle kennis; soos die getuienis aangaande Christus bevestig is onder julle, sodat julle in geen enkele genadegawe agterstaan nie, terwyl julle wag op die openbaring van onse Here Jesus Christus
1 KORINTIËRS 1:3-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Genade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus! Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. Die boodskap van Christus is onder julle so goed gevestig dat dit julle nie aan 'n enkele genadegawe ontbreek nie. Julle bly ook vol verwagting uitsien na die verskyning van ons Here Jesus Christus.
1 KORINTIËRS 1:3-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Genade vir julle en vrede van God, ons Vader, en die Here Jesus Christus. Ek dank my God deurentyd oor julle, en vir die genade van God wat aan julle gegee is in •Christus Jesus. Want deur Hom is julle in alle opsigte verryk in elke woord en in alle kennis. Net so is die getuienis oor Christus stewig onder julle gevestig, sodat julle, terwyl julle wag op die openbaarmaking van ons Here Jesus Christus, nie in enige genadegawe tekort skiet nie.
1 KORINTIËRS 1:3-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Genade vir julle en vrede van God ons Vader en van die Here Jesus Christus. Ek dank my God altyd namens julle vir die genade van God wat aan julle gegee is deur Jesus Christus; dat julle in alles deur Hom verryk word, in alle woorde en in alle kennis; Soos ook die getuienis van Christus in julle bevestig is: Sodat julle in geen gawe agteruitgaan nie; wag op die koms van onse Here Jesus Christus
1 KORINTIËRS 1:3-7 Die Boodskap (DB)
Mag God ons Vader en ons Here Jesus Christus baie goed vir julle wees. Mag Hulle julle innerlik rustig maak en vrede gee. Ek sê altyd vir God dankie vir al die goeie dinge wat Hy so onverdiend vir julle gee. Ek praat van alles wat julle gekry het vandat julle Jesus Christus leer ken het. Hy het letterlik alles vir julle gegee wat julle nodig gehad het. Julle het die dinge van God goed leer ken en kan maklik daaroor praat. Dat dit wat ek vir julle oor Jesus vertel het, waar is, kan in julle lewe gesien word. Ja-nee, julle het niks nodig nie, want God sorg dat julle kry wat julle op geestelike gebied nodig het. Julle sien ook opgewonde daarna uit dat ons Here Jesus Christus weer na ons toe kom sodat almal Hom kan sien. Niemand sal dan ’n enkele skewe woord teen julle kan sê nie. Hy sal julle nie in die steek laat nie.
1 KORINTIËRS 1:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Mag die genade en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees. Ek sê voortdurend vir God dankie vir julle, want Hy het julle, omdat julle met Christus Jesus verenig is, met genade oorlaai. Deur Hom het God julle in elke opsig ryk gemaak – ryk in elke vorm van welsprekendheid en kennis. Op hierdie manier is my boodskap aangaande Christus onder julle bevestig. Gevolglik ontbreek dit julle aan geen enkele genadegawe nie en sien julle gretig uit na Jesus Christus ons Here se verskyning by sy wederkoms.