1 KORINTIËRS 12:17-19
1 KORINTIËRS 12:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Veronderstel ’n mens se hele liggaam sou uit ’n oog bestaan – hoe sal jy dan hoor? Of as jou hele liggaam net een groot oor sou wees – hoe sou jy enigiets kon ruik? Maar nou het God dit so beskik dat daar verskillende ledemate sal wees en dat elkeen van hulle sy eie plek in die liggaam sal hê, soos Hy dit goedvind. As alles net een ledemaat was, dan sou daar mos geen liggaam kon wees nie!
1 KORINTIËRS 12:17-19 Bybel vir almal (ABA)
As die hele liggaam 'n oog was, dink julle die liggaam sou dan kon hoor? As die hele liggaam 'n oor was, dink julle die liggaam sou dan kon ruik? Nee. Maar nou het God vir die liggaam verskillende dele gegee. Hy het elke deel gegee soos Hy wou. As die hele liggaam net een deel was, dan was daar nie 'n liggaam nie.
1 KORINTIËRS 12:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het. As almal een lid was, waar sou die liggaam wees?
1 KORINTIËRS 12:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
As die hele liggaam oog was, hoe sou hy kon hoor? En as die hele liggaam oor was, hoe sou hy kon ruik? Maar nou het God die lede, elkeen van hulle afsonderlik, in die liggaam gevoeg soos Hy dit wou hê. As almal saam net een lid was, hoe sou daar 'n liggaam kon wees?
1 KORINTIËRS 12:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As die ganse liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As alles gehoor was, waar sou die reuk wees? Maar nou het God die ledemate, elke enkele een van hulle, in die liggaam geplaas volgens sy besluit. As alles een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?
1 KORINTIËRS 12:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As die hele liggaam 'n oog was, waar was die gehoor? As die hele gehoor het, waar was die reuke? Maar nou het God elkeen van hulle lede in die liggaam geplaas soos dit Hom goedgekeur het. En as hulle almal een lid was, waar was die liggaam?
1 KORINTIËRS 12:17-19 Die Boodskap (DB)
Net om te sê: “Ek is nie die oog nie, nou voel ek nie meer deel van die liggaam nie,” verander niks daaraan dat dit deel van die liggaam is nie. As alles nou net oog was, waarmee sou ons dan gehoor het? As die hele liggaam net een groot oor was, waarmee sou ons geruik het? Nee, God het elkeen van die dele van die liggaam ’n spesiale plek in die liggaam gegee, net soos Hy dit beplan het. As die hele liggaam net uit een orgaan bestaan het, hoe sou die liggaam dan nie gelyk het nie!