1 KORINTIËRS 12:26
1 KORINTIËRS 12:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As een ledemaat swaarkry, kry al die ledemate saam swaar, en as een ledemaat vereer word, juig al die lede saam.
1 KORINTIËRS 12:26 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer een deel swaarkry, dan kry al die dele saam swaar. En wanneer die mense een deel prys, dan is al die dele saam bly.
1 KORINTIËRS 12:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
1 KORINTIËRS 12:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
As een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
1 KORINTIËRS 12:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As een ledemaat ly, ly al die ledemate saam; as een ledemaat vereer word, is al die ledemate saam bly.