1 KORINTIËRS 15:1-8
1 KORINTIËRS 15:1-8 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, ek wil hê julle moet die goeie boodskap baie goed verstaan, die goeie boodskap wat ek vir julle gebring het. Julle het die boodskap geglo, julle is seker dat die boodskap waar is, en dit red julle. Maar dan moet julle aanhou om die goeie boodskap te glo soos ek dit vir julle gebring het. As julle iets anders glo, dan beteken dit niks dat julle glo nie. Die belangrikste dinge wat ek vir julle geleer het, het die ander apostels vir my geleer, en dit is: Christus het ons sondes weggeneem toe Hy gesterf het. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is. Christus is begrawe, en God het Hom op die derde dag weer laat lewe. Dit het gebeur soos daar in die Ou Testament geskryf is. Christus het verskyn aan Sefas, en daarna het Hy ook verskyn aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 gelowiges op dieselfde tyd verskyn. Baie van hulle lewe vandag nog, maar party het klaar gesterf. Daarna het Christus aan Jakobus verskyn, en toe aan al die apostels. Laaste het Hy aan my verskyn. Ek was glad nie belangrik nie.
1 KORINTIËRS 15:1-8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
BROEDERS, ek maak julle die evangelie bekend wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, waarin julle ook staan, waardeur julle ook gered word as julle daaraan vashou op die wyse waarop ek dit aan julle verkondig het, of julle moet tevergeefs geglo het. Want in die eerste plek het ek aan julle oorgelewer wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; en dat Hy begrawe is, en dat Hy op die derde dag opgewek is volgens die Skrifte; en dat Hy aan Céfas verskyn het; daarna aan die twaalf. Daarna het Hy verskyn aan oor die vyfhonderd broeders tegelyk, waarvan die meeste nou nog lewe, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy verskyn aan Jakobus; daarna aan al die apostels; en laaste van almal het Hy verskyn ook aan my as die ontydig geborene.
1 KORINTIËRS 15:1-8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom. Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. Hy het aan Sefas verskyn, daarna aan die twaalf, en daarna aan meer as vyf honderd broers tegelyk, van wie sommige al dood is maar die meeste nou nog lewe. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en toe aan al die apostels. Heel laaste het Hy ook aan my, die ontydig geborene, verskyn.
1 KORINTIËRS 15:1-8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Broers, ek herinner julle aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het, wat julle ook aangeneem het, en waarin julle ook vasstaan, waardeur julle ook verlos word; mits julle vashou aan die evangeliewoord wat ek aan julle verkondig het – tensy julle vergeefs tot geloof gekom het. Want die wesenlike wat ek ontvang en ook aan julle oorgelewer het, is: •Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte; en Hy het aan Sefas verskyn, en toe aan die twaalf. Daarna het Hy aan meer as vyfhonderd broers tegelyk verskyn, van wie die meeste nou nog leef, maar sommige al ontslaap het. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn, en toe aan al die •apostels. As die laaste van almal het Hy ook aan my, die misgeboorte, verskyn.
1 KORINTIËRS 15:1-8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder, broeders, verkondig ek julle die evangelie wat ek aan julle bekend gemaak het, wat julle ook ontvang het en waarin julle staan; Waardeur julle ook gered word, as julle in gedagte hou wat Ek aan julle verkondig het, tensy julle tevergeefs geglo het. Want ek het in die eerste plek aan julle oorgegee wat ek ook ontvang het, dat Christus vir ons sondes gesterf het volgens die Skrifte; En dat hy begrawe is, en dat hy op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte: En dat hy gesien is van Céfas, daarna van die twaalf: Daarna is hy gesien uit meer as vyfhonderd broers tegelyk; van wie die meeste oorbly tot op hierdie oomblik, maar sommige het aan die slaap geraak. Daarna is hy deur Jakobus gesien; dan van al die apostels. En laaste van almal is Hy ook deur my gesien, soos van een wat nie op die regte tyd gebore is nie.
1 KORINTIËRS 15:1-8 Die Boodskap (DB)
My liewe broers en susters, laat ons vir oulaas weer kyk na die goeie boodskap oor Jesus wat ek vir julle vertel het. Dit is die boodskap wat julle julle eie gemaak het en nou by sal staan of val. Toe julle hierdie goeie nuus gehoor het, het julle mos Christene geword, natuurlik mits julle nie allerhande afdraaipaadjies vat nie, maar dit glo soos ek dit vir julle vertel het. As julle egter ’n ander pad loop, stap julle weg van God af wat julle red en kan julle net sowel ophou glo, want dit alles sal julle niks help nie. Soos ek die boodskap van ander gehoor het, het ek dit ook vir julle vertel. Die hart van alles is dít: Christus het gesterf sodat ons nie self sal moet sterf vir al die verkeerde dinge wat ons voor God gedoen het nie. Dit is presies wat die Skrif voorspel het sou gebeur. Maar die Skrif het ook verder voorspel dat Hy begrawe sou word en dat God Hom na drie dae weer lewendig sou maak. Net so het dit toe ook gebeur. Petrus het Hom eerste gesien nadat Hy lewendig geword het en later het al twaalf sy getrouste volgelinge Hom gesien. Daarna het Hy aan 500 mense gelyk verskyn. Party van hulle is al dood, maar die meeste van hulle lewe nog. Jakobus het toe aan die beurt gekom en daarna die apostels. Heel laaste het Christus aan my verskyn, ek wat op heeltemal die verkeerde tyd gebore is en daarom lank op die verkeerde pad was.
1 KORINTIËRS 15:1-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Broers en susters, ek herinner julle aan die Goeie Nuus wat ek tevore reeds aan julle verkondig het. Julle het dit aangeneem en hierdie boodskap vorm die vaste basis van julle geloof. Deur hierdie Goeie Nuus word julle verlossing bewerk, dit wil sê as julle daaraan vashou soos ek dit oorspronklik aan julle verkondig het – anders was julle geloof heeltemal nutteloos. Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood. Daarna het Hy aan Jakobus verskyn en later aan al die apostels. Heel laaste van almal het Hy ook aan my verskyn, asof ek ontydig gebore is.