1 KORINTIËRS 16:5-6
1 KORINTIËRS 16:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Ek wil eers deur Masedonië gaan. Daarna sal ek ook na julle toe kom. Ek sal miskien by julle kuier, miskien bly ek die hele winter daar by julle. Dan kan julle my help wanneer ek weer verder moet gaan.
1 KORINTIËRS 16:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
MAAR ek sal na julle kom nadat ek deur Macedónië gereis het, want ek gaan deur Macedónië. En moontlik sal ek by julle vertoef of ook oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag reis.
1 KORINTIËRS 16:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek sal na julle toe kom nadat ek deur Masedonië gereis het, want ek gaan deur Masedonië. By julle sal ek moontlik oorbly of selfs die winter deurbring, dan kan julle my voorthelp op my verdere reis, waarheen dit ook al mag wees.
1 KORINTIËRS 16:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek sal na julle kom as ek deur Macedonië gereis het, want ek gaan deur Macedonië reis. Moontlik sal ek 'n tyd by julle oorbly, of selfs oorwinter, sodat julle my kan voorthelp waarheen ek ook al mag gaan.
1 KORINTIËRS 16:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Nou sal ek na julle toe kom as ek deur Masedonië trek, want ek trek deur Masedonië. En dit mag wees dat ek by julle sal bly, ja, en oorwinter, dat julle my op my reis kan bring waarheen ek ook al gaan.