Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 KORINTIËRS 4:4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 KORINTIËRS 4:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daar is ook niks waaroor my gewete my aankla nie, maar dit beteken nog nie dat ek vrygespreek is nie. Dit is die Here wat my beoordeel.

1 KORINTIËRS 4:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

want ek is my van geen ding bewus nie. Daardeur is ek egter nie geregverdig nie; maar Hy wat my beoordeel, is die Here.

1 KORINTIËRS 4:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

My gewete is skoon, maar daarmee is ek nog nie noodwendig skotvry nie. Die Hére se oordeel oor my is al wat saak maak.

1 KORINTIËRS 4:4 DB (Die Boodskap)

Ek voel nie sleg oor wat ek doen nie en my gewete pla my ook nie. Dit beteken nie dat ek alles reg doen nie. God sal daaroor besluit.

1 KORINTIËRS 4:4 ABA (Bybel vir almal)

Ek kan nie onthou dat ek 'n fout gemaak het nie, maar dit is die Here wat sal sê of ek skuldig is of nie skuldig is nie.

1 KORINTIËRS 4:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Ek is nie bewus van enigiets teen my nie, maar dit beteken nie dat ek regverdig is nie. Hy wat my beoordeel, is die Here.

1 KORINTIËRS 4:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want ek weet niks uit myself nie; tog word ek nie hierdeur geregverdig nie, maar hy wat my oordeel, is die Here.