Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 KORINTIËRS 6:17 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 KORINTIËRS 6:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar wie hom met die Here verenig, is geestelik een met Hom.

1 KORINTIËRS 6:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar wie die Here aanhang, is een gees met Hom.

1 KORINTIËRS 6:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarteenoor word dié wat hulle aan die Here verbind, geestelik met Hom een.

1 KORINTIËRS 6:17 DB (Die Boodskap)

Dit is op geestelike gebied ook waar. As ’n mens jouself vir die Here gee, word julle twee ook soos een. Dit gebeur natuurlik nie liggaamlik nie, maar geestelik.

1 KORINTIËRS 6:17 ABA (Bybel vir almal)

Maar as 'n mens saam met die Here lewe, dan is jou gees en sy Gees een.

1 KORINTIËRS 6:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Maar die persoon wat homself aan die Here verbind, is een gees met Hom.

1 KORINTIËRS 6:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar hy wat aan die Here verbonde is, is een gees.