Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 KORINTIËRS 6:20 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 KORINTIËRS 6:20 AFR83 (Afrikaans 1983)

julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.

1 KORINTIËRS 6:20 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.

1 KORINTIËRS 6:20 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

want julle is teen ’n duur prys gekoop. Daarom moet julle God met julle liggaam verheerlik.

1 KORINTIËRS 6:20 DB (Die Boodskap)

Die Here het baie duur betaal om julle Syne te maak. God moet dus ook trots kan wees op julle liggaam - daarvoor moet julle sorg deur die manier waarop julle julle gedra.

1 KORINTIËRS 6:20 ABA (Bybel vir almal)

God het duur betaal toe Hy julle gekoop het vir Hom. Daarom moet julle vir God prys met julle liggame.

1 KORINTIËRS 6:20 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Want julle is duur gekoop. Verheerlik God dan met julle liggaam.

1 KORINTIËRS 6:20 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want julle is duur gekoop; verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.