1 KORINTIËRS 7:5
1 KORINTIËRS 7:5 Bybel vir almal (ABA)
'n Man en sy vrou moenie ophou om met mekaar seks te hê nie. Maar hulle mag saam besluit om 'n tyd lank nie seks te hê nie sodat hulle meer tyd kan hê om te bid. Daarna moet hulle weer bymekaarslaap sodat die Satan hulle nie kan verlei nie, want party mense kan nie lank sonder seks bly nie.
1 KORINTIËRS 7:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Onttrek julle nie aan mekaar nie, behalwe met wedersydse ooreenstemming vir 'n tyd lank om julle aan vas en gebed te kan wy; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie in versoeking bring deur julle gebrek aan selfbeheersing nie.
1 KORINTIËRS 7:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moenie vir mekaar omgang weier nie, behalwe met wedersydse toestemming en net vir 'n bepaalde tyd om julle aan die gebed te wy. Daarna moet julle weer saamkom, sodat die Satan julle nie miskien weens julle gebrek aan selfbeheersing verlei nie.
1 KORINTIËRS 7:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moet julle nie van mekaar weerhou nie, behalwe as julle ooreenkom om dit vir 'n tyd lank te doen om julle aan gebed te kan wy. En kom dan weer bymekaar, sodat Satan julle nie verlei as gevolg van julle gebrek aan selfbeheersing nie.
1 KORINTIËRS 7:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Bedrieg julle nie met mekaar nie, behalwe met toestemming vir 'n tyd, sodat julle julle kan oorgee aan vas en gebed; en kom weer bymekaar, sodat die Satan julle nie verlei oor julle inkontinentheid nie.
1 KORINTIËRS 7:5 Die Boodskap (DB)
Hou mekaar op seksuele gebied gelukkig, behalwe as julle saam besluit om ’n rukkie lank nie saam te verkeer nie. Dit kan byvoorbeeld gebeur as julle ’n ruk lank op ’n spesiale manier op gebed wil konsentreer. Kom daarna weer saam. Moenie Satan ’n kans gee om julle uit te vang as julle selfbeheersing op ’n laagtepunt is nie.
1 KORINTIËRS 7:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle moet mekaar dus nie seks ontsê nie, behalwe as julle ooreenkom op ’n beperkte tyd van onthouding sodat julle julle meer volkome aan gebed kan toewy. Daarna moet julle weer saamkom om te verhinder dat Satan julle tot sonde verlei weens julle gebrek aan selfbeheersing.