1 KORINTIËRS 8:9
1 KORINTIËRS 8:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar wees versigtig dat jou vrymoedigheid om alles te eet nie jou medegelowiges met ’n sensitiewe gewete in hulle geloof laat struikel nie.
1 KORINTIËRS 8:9 Bybel vir almal (ABA)
Julle wat dink dit is nie verkeerd om afgod-offervleis te eet nie, julle moet versigtig wees, want julle kan ander gelowiges sonde laat doen.
1 KORINTIËRS 8:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie miskien 'n struikelblok word vir die wat swak is nie.
1 KORINTIËRS 8:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, 'n aanleiding tot sonde word nie.
1 KORINTIËRS 8:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pasop dat hierdie vryheid van julle nie vir die swakkes 'n struikelblok word nie.