1 KORINTIËRS 9:16
1 KORINTIËRS 9:16 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet goed verstaan: Ek bring die goeie boodskap, maar ek doen dit nie sodat ek trots kan wees omdat ek dit doen nie. Nee, ek móét dit doen, ek kan nie besluit om iets anders te doen nie. Dit sal baie sleg gaan met my as ek nié die goeie boodskap bring nie.
1 KORINTIËRS 9:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as ek die evangelie verkondig, is dit vir my geen roem nie; want die dwang is my opgelê, en wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!
1 KORINTIËRS 9:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
As ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my 'n rede om te roem nie. Ek verkondig die evangelie omdat ek móét! En wee my as ek dit nie doen nie!
1 KORINTIËRS 9:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want as ek die evangelie verkondig, is dit nie vir my rede om my daarop te beroem nie? Daar rus immers 'n verpligting op my, en wee my as ek nie die evangelie verkondig nie.
1 KORINTIËRS 9:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want al verkondig ek die evangelie, het ek niks om op te roem nie; ja, wee my as ek die evangelie nie verkondig nie!