1 KORINTIËRS 9:25-26
1 KORINTIËRS 9:25-26 Bybel vir almal (ABA)
Elkeen wat resies wil hardloop, weet dat daar baie dinge is wat hy nie mag doen nie. As hy daardie verkeerde dinge doen, dan kan hy nie wen nie. En as hy wen, dan kry hy 'n lourier-krans. Hierdie kransie se blare bly nie lank mooi nie, dit verlep gou. Maar óns wat werk vir die goeie boodskap van Christus, ons kry 'n prys wat altyd mooi bly, dit verlep nooit nie. Daarom hardloop ek soos iemand wat baie graag wil wen. Ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie, ek slaan soos iemand wat iets wil raakslaan.
1 KORINTIËRS 9:25-26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En elkeen wat aan 'n wedstryd deelneem, onthou hom in alles — húlle nogal om 'n verwelklike krans te ontvang, maar ons 'n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:25-26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Almal wat aan 'n wedstryd deelneem, ontsê hulleself allerlei dinge. Hulle doen dit om 'n verganklike oorwinnaarskroon te verkry, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop dan ook soos een wat nie van sy doel onseker is nie; ek slaan soos 'n bokser wat nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:25-26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Almal wat deelneem, pas in alle opsigte dissipline toe – hulle nogal om 'n verganklike oorwinningskrans te ontvang, maar ons 'n onverganklike. Ek hardloop daarom so, dat dit nie doelloos is nie; ek boks so, dat ek nie in die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:25-26 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En elkeen wat hom beywer vir heerskappy, is in alle opsigte ingetoë. Nou doen hulle dit om 'n verganklike kroon te verkry; maar ons is 'n onverganklike. Ek hardloop dus so, nie so onseker nie; so veg ek, nie soos een wat die lug slaan nie.
1 KORINTIËRS 9:25-26 Die Boodskap (DB)
As iemand ’n resies wil wen, oefen hy eers hard. Met ’n gewone resies is die prys vir die wenner klein, maar in die resies van hierdie lewe is die prys vir die wenner baie groot en dit hou vir altyd. Daarom haal ek alles uit en speel die spel van hierdie lewe so goed ek kan, om te wen.
1 KORINTIËRS 9:25-26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Al die deelnemers pas absolute selfdissipline toe. Húlle doen dit om ’n prys te wen wat heel gou sal vergaan. Maar óns doen dit vir ’n ewige prys. Daarom pyl ek reguit op die wenpaal af, doelgerig met elke tree wat ek gee. Ek is soos ’n bokser wat met elke hou tref.