1 JOHANNES 1:5-6
1 JOHANNES 1:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit is dan die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle meedeel: God is lig en daar is hoegenaamd geen duisternis in Hom nie. As ons dan sê dat ons deel het aan Hom, maar in geestelike duisternis leef, lieg ons. Ons optrede weerspieël nie die waarheid nie.
1 JOHANNES 1:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Ons vertel vir julle wat ons by Jesus gehoor het. Hy het gesê God is lig en daar is niks donker in Hom nie. As ons sê ons behoort aan God, maar ons lewe in die donker, nie in die lig van God nie, dan lieg ons en dan doen ons nie wat God wil hê nie.
1 JOHANNES 1:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.
1 JOHANNES 1:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dít is nou die boodskap wat ons by Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons beweer dat ons aan Hom deel het, en ons lewe in die duisternis, lieg ons en handel ons nie volgens die waarheid nie.
1 JOHANNES 1:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is die boodskap wat ons van Hom gehoor het, en wat ons aan julle bekend maak: God is lig, en daar is geen duisternis in Hom nie. As ons sê dat ons aan Hom verbonde is, en tog in die duisternis leef, lieg ons, en leef ons nie volgens die waarheid nie
1 JOHANNES 1:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit is dan die boodskap wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig dat God lig is en geen duisternis in Hom is nie. As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, lieg ons en doen nie die waarheid nie.
1 JOHANNES 1:5-6 Die Boodskap (DB)
Jesus het vir ons belangrike dinge kom sê. Ons het mooi na Hom geluister. Wat Hy vir ons gesê het, vertel ons nou weer vir julle. God kan vergelyk word met die lig wat skyn. Soos die lig die duisternis verdryf, so verdryf die teenwoordigheid van God die Bose heeltemal. Hou dit nou in gedagte vir die volgende vraag: As ons rondvertel dat ons deel van God se intieme familie is, maar ons dade verklap die teenoorgestelde, wat maak dit van ons? Dit maak van ons skaamtelose leuenaars! Dit is soos mense wat sê hulle hou net van die lig, maar as jy hulle soek, sit hulle in die donker. So weerspieël ons mos nie die waarheid en egtheid wat eie aan ’n kind van God die Almagtige is nie.