1 JOHANNES 1:7-9
1 JOHANNES 1:7-9 Bybel vir almal (ABA)
Maar as ons in die lig lewe, soos God in die lig is, dan behoort ons aan mekaar. Dan reinig die bloed van Jesus, die Seun van God, ons van al ons sonde. As ons sê ons doen nie sonde nie, dan bedrieg ons onsself en dan aanvaar ons nie die waarheid nie. Maar as ons bely dat ons sonde gedoen het, dan kan ons seker wees dat God sal doen wat Hy belowe het en dat Hy regverdig is. Ja, Hy vergewe ons sondes en Hy reinig ons van alles wat ons verkeerd gedoen het.
1 JOHANNES 1:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as ons in die lig wandel soos Hy in die lig is, dan het ons gemeenskap met mekaar; en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. AS ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOHANNES 1:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar as ons in die lig lewe soos Hy in die lig is, het ons met mekaar deel aan dieselfde gemeenskap en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid.
1 JOHANNES 1:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
maar as ons in die lig leef, soos wat Hy in die lig is, is ons aan mekaar verbonde, en reinig die bloed van Jesus, sy Seun, ons van elke sonde. As ons sê dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself, en is die waarheid nie in ons nie. As ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, en daarom sal Hy ons ons sondes vergeef en ons van alle kwaad reinig.
1 JOHANNES 1:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as ons in die lig wandel, soos Hy in die lig is, het ons gemeenskap met mekaar, en die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde. As ons sê dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself, en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons ons sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
1 JOHANNES 1:7-9 Die Boodskap (DB)
Ons is alleen deel van hierdie hegte familie van God as ons optrede presies is soos God dit van ons verwag. Maar wat nou daarvan as ons iets doen waarvan God nie hou nie? vra jy dalk. Wel, dit is juis God se Seun, Jesus, se offerbloed wat ons geestelik silwerskoon was - daar bly nie een sonde oor nie! Dit beteken dat ons rein voor God kan staan. Ja-nee, moet my nie verkeerd verstaan nie: as ons wil voorgee dat ons nooit sonde doen nie, slaan ons die bal heeltemal mis. Wie dit sê, praat nie die waarheid nie. As ons egter voor God erken dat ons foute gemaak het en nooit weer dieselfde foute wil maak nie, sal God van sy kant af heeltemal van ons sondes vergeet. Hy sal ons ook geestelik skoon was van alles waarvan Hy nie hou nie. Glo dit maar, want God bly getrou aan sy beloftes en doen wat reg is.
1 JOHANNES 1:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As ons optrede egter van die lig getuig, leef ons soos Hy wat in die lig is en het ons volledig deel aan mekaar, en die bloed van Jesus, sy Seun, maak ons skoon van elke sonde. As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie. As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.