1 JOHANNES 2:2
1 JOHANNES 2:2 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het gesterf, Hy was die offer. God het Hom gebruik om ons sonde te versoen. Maar nie net óns sonde nie, Hy het ook die sonde van al die mense in die wêreld versoen.
1 JOHANNES 2:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Hy is die versoening vir ons sondes – nie net vir óns sondes nie; maar ook vir dié van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir die sondes van die hele wêreld.
1 JOHANNES 2:2 Die Boodskap (DB)
Hy sal vir ons gaan mooipraat by ons hemelse Vader. Ek praat natuurlik van Jesus Christus. Hy is die ideale Een om dit te doen, want die verhouding tussen Hom en die Vader is baie goed. Omdat Jesus dit vra, sal die Vader ons sondes oorsien. Jesus Christus is nie net bereid om dit vir óns te vra nie, maar ook vir elke mens op aarde wat bereid is om na Hom toe te kom.