1 JOHANNES 3:11-12
1 JOHANNES 3:11-12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Dít is immers die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. Moenie soos Kain wees nie. Hy het aan die Bose behoort en het sy broer vermoor. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy eie dade sleg was en sy broer s'n reg.
1 JOHANNES 3:11-12 Die Boodskap (DB)
“Ons moet mekaar liefhê!” Hierdie boodskap het julle reg van die begin af gehoor. Moenie soos Kain wees nie. Hy het sy broer vermoor omdat hy sleg van binne was. Jy sou kon vra wat hom gedryf het om dit te doen. Wel, hulle het nie langs dieselfde vuur gesit nie. Kain het dinge gedoen wat sleg was, maar sy broer het dinge gedoen wat voor God reg was.
1 JOHANNES 3:11-12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dít is die boodskap wat ons van die heel begin af gehoor het: Ons moet mekaar liefhê. Ons moet nie soos Kain optree wat uit die bose was en sy broer doodgemaak het nie. Om watter rede het hy hom doodgemaak? Omdat sy eie optrede boos was en sy broer s’n reg.
1 JOHANNES 3:11-12 Bybel vir almal (ABA)
Toe julle begin het om in Jesus te glo, het julle gehoor dat julle lief moet wees vir mekaar. Julle moenie soos Kain wees nie. Hy was 'n kind van die duiwel en hy het sy broer vermoor. Hoekom het hy sy broer vermoor? Hy het dit gedoen omdat hý slegte dinge gedoen het, maar sy broer het gedoen wat God wil hê.
1 JOHANNES 3:11-12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê; nie soos Kain wat uit die Bose was en sy broer doodgeslaan het nie. En waarom het hy hom doodgeslaan? Omdat sy werke boos was en dié van sy broer regverdig.
1 JOHANNES 3:11-12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het: Dat ons mekaar moet liefhê – nie soos Kain, wat uit die Bose was en sy broer vermoor het nie. En waarom het hy hom vermoor? Omdat sy dade sleg was, en dié van sy broer regverdig.
1 JOHANNES 3:11-12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want dit is die boodskap wat julle van die begin af gehoor het, dat ons mekaar moet liefhê. Nie soos Kain, wat uit daardie bose was, en sy broer doodgemaak het nie. En waarom het hy hom gedood? Want sy eie werke was boos en die regverdige van sy broer.