1 JOHANNES 4:4-5
1 JOHANNES 4:4-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. Hulle behoort aan die wêreld, en wat hulle sê, is dus van die wêreld afkomstig, en die wêreld luister na hulle.
1 JOHANNES 4:4-5 Bybel vir almal (ABA)
Vriende, julle is kinders van God. Julle het die vals profete oorwin, want God is by julle en Hy is sterker as die Satan wat by die mense van die wêreld is. Die vals profete is mense van die wêreld. Daarom praat hulle soos die mense van die wêreld, en die mense van die wêreld doen wat die vals profete sê.
1 JOHANNES 4:4-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. Hulle is uit die wêreld; daarom praat hulle uit die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
1 JOHANNES 4:4-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle, kinders, is uit God, en het hulle oorwin, omdat Hy wat in julle is, groter is as hy wat in die wêreld is. Hulle is uit die wêreld, en daarom praat hulle soos die wêreld, en luister die wêreld na hulle.
1 JOHANNES 4:4-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Julle is uit God, my kinders, en het hulle oorwin, want Hy wat in julle is, is groter as Hy wat in die wêreld is. Hulle is van die wêreld; daarom spreek hulle van die wêreld, en die wêreld luister na hulle.
1 JOHANNES 4:4-5 Die Boodskap (DB)
My kinders, julle is deel van die familie van God en behoort aan Hom. Daarom staan julle heeltyd aan die wenkant teen hierdie vals profete. Die rede is eenvoudig dít: God, wat aan julle kant is, is baie groter en sterker as die een wat aan die kant van die wêreld staan! Hierdie vals profete behoort aan hierdie wêreld. Dit is waarom alles wat hulle sê so wêrelds is en die wêreld so graag na hulle luister.
1 JOHANNES 4:4-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon. Hierdie mense het die wêreld as oorsprong; daarom praat hulle uit ’n wêreldse oogpunt en luister die wêreld na hulle.