1 KONINGS 11:4
1 KONINGS 11:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie.
1 KONINGS 11:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Veral in sy ouderdom het Salomo se vrouens hom verlei om ander gode te dien. Toe het hy die Here sy God nie meer met soveel toewyding gedien soos sy pa nie.
1 KONINGS 11:4 Bybel vir almal (ABA)
Toe Salomo oud geword het, het sy vroue hom verlei om ander gode te dien. Hy het toe nie meer sy God die Here met sy hele hart gedien soos sy pa Dawid gedoen het nie.
1 KONINGS 11:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Teen die tyd dat Salomo oud was, het sy vroue sy hart verlei om ander gode te volg, en was sy hart nie meer volkome by die HERE sy God, soos wat die hart van sy vader Dawid was nie.
1 KONINGS 11:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want toe Salomo oud was, het sy vroue sy hart weggedraai agter ander gode aan; en sy hart was nie volkome met die HERE sy God soos die hart van sy vader Dawid nie.