1 KONINGS 12:8
1 KONINGS 12:8 Bybel vir almal (ABA)
Maar Rehabeam wou nie luister na wat hulle vir hom gesê het nie. Hy het toe vir die jongmanne gaan vra wat saam met hom grootgeword het en wat sy amptenare was.
1 KONINGS 12:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy het die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gehou met die jongmanne wat saam met hom grootgeword en voor hom gestaan het.
1 KONINGS 12:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was
1 KONINGS 12:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het egter die raad van die oudstes wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan en raad gevra by die jong manne wat saam met hom grootgeword en in sy diens gestaan het.
1 KONINGS 12:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hy het die raad van die ou manne verlaat wat hulle hom gegee het, en beraadslaag met die jongmanne wat saam met hom grootgeword het en voor hom gestaan het.