1 KONINGS 17:16
1 KONINGS 17:16 Bybel vir almal (ABA)
Die meelkruik het nie leeg geword nie en daar was altyd olyf-olie in die oliebottel, soos die Here gesê het Elia moet sê.
1 KONINGS 17:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die meel in die pot het nie opgeraak en die olie in die kruik nie minder geword nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.
1 KONINGS 17:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die meel in die kruik het nie opgeraak nie, en die olie in die kan het nie minder geword nie, soos die Here deur Elia beloof het.
1 KONINGS 17:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die kruik met meel het nie leeg geraak nie, en die fles met olie het nie leeg geloop nie, ooreenkomstig die woord van die HERE wat Hy by monde van Elia gespreek het.
1 KONINGS 17:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die meel in die vat het nie vergaan nie, en die olie in die kruik het nie opgehou nie, volgens die woord van die HERE wat Hy deur die diens van Elía gespreek het.