1 KONINGS 18:39
1 KONINGS 18:39 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is God, die HERE, Hy is God!
1 KONINGS 18:39 Bybel vir almal (ABA)
Toe die mense dit sien, het hulle almal gebuig, hulle gesigte was teen die grond. Hulle het gesê: “Die Here, Hy is God! Die Here, Hy is God!”
1 KONINGS 18:39 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die hele volk dit sien, het hulle op hulle knieë geval en uitgeroep: “Die Here is God! Die Here is God!”
1 KONINGS 18:39 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die hele volk dit sien, val hulle neer met hulle gesigte teen die grond en sê: “Die HERE, Hy is God! Die HERE, Hy is God!”
1 KONINGS 18:39 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die hele volk dit sien, het hulle op hul aangesig geval en gesê: Die HERE, Hy is die God! die HERE, Hy is die God.