1 KONINGS 19:5
1 KONINGS 19:5 Bybel vir almal (ABA)
Elia het gaan lê, en hy het onder die besembos aan die slaap geraak. Toe kom daar 'n engel en die engel raak aan hom en sê vir hom: “Jy moet opstaan en eet.”
1 KONINGS 19:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop gaan hy lê en raak onder 'n besembos aan die slaap; en kyk, daar raak 'n engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!
1 KONINGS 19:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!”
1 KONINGS 19:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het gaan lê en aan die slaap geraak onder die enkele witbesembos. Skielik was daar 'n engel wat hom aanraak en vir hom sê: “Staan op, eet!”
1 KONINGS 19:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hy lê en slaap onder 'n jenewerboom, kyk, toe raak 'n engel hom en sê vir hom: Staan op en eet.