1 KONINGS 19:6
1 KONINGS 19:6 Bybel vir almal (ABA)
Toe Elia kyk, sien hy by sy kop 'n gaar roosterkoek en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
1 KONINGS 19:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe hy opkyk, was daar aan sy koppenent 'n broodkoek, op warm klippe gebak, en 'n kruik water. En hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
1 KONINGS 19:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hy rondkyk, is daar sowaar by sy kop 'n roosterkoek op gloeiende kole gebak en 'n fles met water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.
1 KONINGS 19:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy kyk, en kyk, daar was 'n koek wat op die kole gebak is, en 'n kruik water aan sy kop. En hy het geëet en gedrink en hom weer neergelê.
1 KONINGS 19:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.