1 KONINGS 3:11
1 KONINGS 3:11 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir Salomo gesê: “Jy het dit gevra, jy het nie 'n lang lewe gevra of om ryk te word nie, of dat jou vyande moet sterf nie. Jy het gevra dat jy sal weet wat reg is.
1 KONINGS 3:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het vir hom gesê: Omdat jy hierdie versoek gedoen het en nie vir jou 'n lang lewe begeer het en nie vir jou rykdom begeer het en nie die lewe van jou vyande begeer het nie, maar vir jou verstand begeer het om regsake te verhoor
1 KONINGS 3:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het vir hom gesê: “Omdat dít jou versoek is en jy nie vir jou 'n lang lewe, of rykdom, of die dood van jou vyande gevra het nie, maar insig in wat reg is
1 KONINGS 3:11 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het vir hom gesê: “Omdat jy hierdie versoek gerig het en nie vir jouself 'n lang lewe gevra het, nie vir jouself rykdom gevra het, en nie die lewens van jou vyande gevra het nie, maar vir jouself onderskeidingsvermoë gevra het om regsake aan te hoor
1 KONINGS 3:11 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê God vir hom: Omdat jy hierdie ding gevra het en vir jou geen lang lewe gevra het nie; jy het nie vir jou rykdom gevra nie, en die lewe van jou vyande nie gevra nie; maar jy het vir jou insig gevra om oordeel te onderskei