1 PETRUS 1:1
1 PETRUS 1:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Petrus, is 'n apostel van Jesus Christus. Ek skryf hierdie brief vir julle wat vreemdelinge is en wat op verskillende plekke woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië. God die Vader het julle gekies om sy volk te wees omdat Hy lank gelede dit besluit het. Die Heilige Gees het julle gewy om sy volk te wees en om gehoorsaam te wees aan Jesus Christus. God het lank gelede besluit dat Jesus Christus moet sterf om julle sonde weg te neem. Ons bid dat God genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle baie vrede sal gee.
1 PETRUS 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PETRUS, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië
1 PETRUS 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Petrus, 'n apostel van Jesus Christus. Aan die uitverkorenes van God, vreemdelinge in die wêreld, wat verspreid woon in die provinsies Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië.
1 PETRUS 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
•Petrus, 'n •apostel van Jesus •Christus, aan die vreemdelinge van die Diaspora in Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië
1 PETRUS 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Petrus, 'n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge wat deur Pontus, Galasië, Kappadosië, Asië en Bitinië verstrooi is
1 PETRUS 1:1 Die Boodskap (DB)
Petrus, wat spesiaal deur Jesus Christus gestuur is, het hierdie brief geskryf. Ek skryf aan die mense wat God vir Hom gekies het en wie se lewe nie net om die dinge van hierdie wêreld draai nie. Ek praat van die gelowiges wat verjaag is en nou versprei in die hele Turkye bly.