Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

1 PETRUS 1:22 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

1 PETRUS 1:22 AFR83 (Afrikaans 1983)

Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê.

1 PETRUS 1:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart

1 PETRUS 1:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle is van julle sondes gereinig toe julle die waarheid van die Goeie Nuus aanvaar het. Julle kan mekaar dus as medegelowiges regtig liefhê. Daarom moet julle sorg dat julle mekaar van harte liefhet, al vra dit inspanning.

1 PETRUS 1:22 DB (Die Boodskap)

Julle moet lojaal wees teenoor mekaar en mekaar help waar julle ook al kan. Julle luister nou nie meer na verkeerde dinge nie. Julle lewe nou mos graag soos God van julle verwag en volgens wat vir Hom reg is. Hy verwag dat julle in liefde lojaal teenoor mekaar sal wees, reg om mekaar te help en te dien wanneer dit ook al nodig mag wees. Julle moenie allerhande bymotiewe hê nie, maar moet opreg wees. God self het julle mos sy kinders gemaak.

1 PETRUS 1:22 ABA (Bybel vir almal)

Julle was gehoorsaam aan die waarheid en so het julle julleself gereinig, nou kan julle waarlik lief wees vir mekaar. Daarom moet julle baie lief wees vir mekaar, julle moenie vals wees en ophou om lief te wees vir mekaar nie.

1 PETRUS 1:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Omdat julle julle innerlike, in gehoorsaamheid aan die waarheid, tot ongeveinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar innig met rein harte liefhê.

1 PETRUS 1:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Aangesien julle julle siele gereinig het in gehoorsaamheid aan die waarheid deur die Gees tot ongeveinsde liefde vir die broeders, sorg dat julle mekaar vurig liefhet met 'n rein hart.