1 PETRUS 3:11
1 PETRUS 3:11 Die Boodskap (DB)
Hy moet wegbly van alles wat verkeerd is en elke kans aangryp om die goeie te doen. “Bewaar altyd die vrede; dit moet julle lewenstyl wees, want die Here sorg vir die mense wat reg leef en Hy luister graag wanneer hulle met Hom in gebed praat. “Die Here dink niks van mense wat hulle heeltyd met verkeerde dinge ophou nie.”
Deel
Lees 1 PETRUS 31 PETRUS 3:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Bly weg van die kwaad af, ja, doen wat goed is. Soek vrede, ja, jaag dit na!
Deel
Lees 1 PETRUS 31 PETRUS 3:11 Bybel vir almal (ABA)
Hy moenie verkeerde dinge doen nie, hy moet goeie dinge doen, hy moet altyd probeer om vrede te maak.
Deel
Lees 1 PETRUS 31 PETRUS 3:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy moet afwyk van wat verkeerd is, en doen wat goed is; hy moet vrede soek en dit najaag.
Deel
Lees 1 PETRUS 31 PETRUS 3:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!
Deel
Lees 1 PETRUS 3