1 SAMUEL 13:14
1 SAMUEL 13:14 Bybel vir almal (ABA)
Maar nou sal jy nie lank koning wees nie. Die Here het vir Hom 'n man gesoek van wie Hy hou. Die Here het gesê daardie man sal koning word oor sy volk, want jy het nie gedoen wat die Here gesê het nie.”
1 SAMUEL 13:14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar nou sal jou koningskap nie bestaan nie. Die HERE het vir Hom 'n man na sy hart gesoek; en die HERE het hom as vors oor sy volk aangestel, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie.
1 SAMUEL 13:14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar nou sal jou koningskap nie bestendig word nie. Die Here sal vir Hom 'n man na sy hart soek. Die Here sal hóm aanstel as regeerder oor sy volk, want jy het nie gedoen wat die Here jou beveel het nie.”
1 SAMUEL 13:14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar nou sal jou koningskap nie standhou nie. Die HERE het vir Hom 'n man na sy hart uitgesoek, en die HERE het hom as leier volmag oor sy volk gegee, omdat jy dit wat die HERE jou beveel het, nie nagekom het nie.”
1 SAMUEL 13:14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar nou sal jou koninkryk nie bestaan nie: die HERE het vir hom 'n man na sy hart gesoek, en die HERE het hom beveel om owerste oor sy volk te wees, omdat jy nie gehou het wat die HERE jou beveel het nie.