1 SAMUEL 15:22
1 SAMUEL 15:22 Bybel vir almal (ABA)
Samuel het gesê: “Wat dink jy is vir die Here die belangrikste: Dat jy brand-offers vir Hom moet bring, of dat jy doen wat Hy vir jou sê? Jy moet dit weet: Dit is beter om gehoorsaam te wees as om te offer, dit is beter om te luister na Hom as om die vet van ramme te offer.
1 SAMUEL 15:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Samuel: Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.
1 SAMUEL 15:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Samuel antwoord: “Is brandoffers en ander diereoffers net so aanneemlik vir die Here as gehoorsaamheid aan sy bevel? Nee, gehoorsaamheid is beter as offerande, om te luister is beter as die vet van ramme.
1 SAMUEL 15:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarop het Samuel geantwoord: “Is daar vir die HERE vreugde in •brandoffers en •maaltydoffers, soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as maaltydoffers, om te luister beter as die vet van ramme.
1 SAMUEL 15:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Samuel: Het die HERE 'n groot behae in brandoffers en slagoffers as in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, gehoorsaam is beter as slagoffer, en luister as die vet van ramme.