1 SAMUEL 15:23
1 SAMUEL 15:23 Bybel vir almal (ABA)
Want iemand wat opstandig is, doen ook sonde soos waarsêers sonde doen. En iemand wat ongehoorsaam is, doen ook sonde soos mense wat afgodsbeeldjies het.” “Jy het nie gedoen wat die Here vir jou gesê het nie, daarom het Hy besluit dat jy nie meer koning sal wees nie.”
1 SAMUEL 15:23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want wederstrewigheid is 'n sonde van waarsêery, en eiesinnigheid is afgodery en beeldediens. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.
1 SAMUEL 15:23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Weerspannigheid is net so erg as die sonde van waarsêery; eiesinnigheid net so erg as die bedrog van afgodery. Omdat jy die woord van die Here verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.”
1 SAMUEL 15:23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ja, opstandigheid is soos die sonde van waarsêery, en eiesinnigheid soos die euwel van huisgode. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou as koning verwerp. ”
1 SAMUEL 15:23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want opstandigheid is soos die sonde van towery, en eiesinnigheid is ongeregtigheid en afgodery. Omdat jy die woord van die HERE verwerp het, het Hy jou ook verwerp om koning te wees.