1 SAMUEL 17:37
1 SAMUEL 17:37 Bybel vir almal (ABA)
Dawid het gesê: “Die Here wat my gered het van leeus en bere, dit is Hy wat my sal red van hierdie Filistyn.” Saul het vir Dawid gesê: “Goed, jy mag gaan. Ek bid dat die Here jou sal help.”
1 SAMUEL 17:37 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder sê Dawid: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die HERE met jou wees!
1 SAMUEL 17:37 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder het Dawid gesê: “Die Here, wat my gered het uit die kloue van die leeu en uit die kloue van die beer, Hý sal my red uit die mag van hierdie Filistyn.” Toe sê Saul vir Dawid: “Gaan, en mag die Here by jou wees.”
1 SAMUEL 17:37 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE wat my gered het uit die klou van 'n leeu en die klou van 'n beer,” het Dawid gesê, “dit is Hy wat my sal red uit die hand van hierdie Filistyn.” Toe sê Saul vir Dawid: “Gaan, en mag die HERE met jou wees!”
1 SAMUEL 17:37 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Verder het Dawid gesê: Die HERE wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en die HERE sal met jou wees.