1 SAMUEL 23:16-17
1 SAMUEL 23:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Saul se seun Jonatan het gereedgemaak en hy het na Dawid toe gegaan by Goresa. Jonatan het vir Dawid kom sê: “God sal aanhou om vir jou te help. Jy moenie bekommerd wees nie. My pa sal jou nie vang nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal jou belangrikste amptenaar wees. My pa Saul weet ook dat dit so sal wees.”
1 SAMUEL 23:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop het Jónatan, die seun van Saul, hom klaargemaak en na Dawid in Hores gegaan. En hy het hom bemoedig in God en vir hom gesê: Vrees nie, want die hand van Saul, my vader, sal jou nie vind nie, maar jy sal koning word oor Israel, en ek sal die tweede onder jou wees; en my vader Saul weet dit ook goed.
1 SAMUEL 23:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jonatan seun van Saul het toe klaargemaak en na Dawid toe in Goresa gegaan en hom bemoedig in sy vertroue op God. Hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want my pa sal jou nie in die hande kry nie. Jy sal koning word oor Israel, en ek sal onder jou staan. Selfs my pa weet dat dit so is.”
1 SAMUEL 23:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Jonatan, Saul se seun, gereedgemaak en na Dawid in Goresa gegaan. Hy het hom in die Naam van God bemoedig en vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, want Saul, my pa, sal jou nie in die hande kry nie. Jy is die een wat koning sal word oor Israel, en ek self sal tweede in bevel wees. Selfs my pa, Saul, weet dat dit so is.”
1 SAMUEL 23:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jónatan, die seun van Saul, het opgestaan en na Dawid in die bos gegaan en sy hand in God versterk. En hy sê vir hom: Moenie vrees nie, want die hand van my vader Saul sal jou nie vind nie; en jy sal koning wees oor Israel, en Ek sal naas jou wees; en dit weet ook my vader Saul.
1 SAMUEL 23:16-17 Die Boodskap (DB)
het Jonatan, Saul se seun, na hom toe gekom. Jonatan het vir Dawid gesê om sterk te wees en op God te vertrou. Hy het gesê: “Moenie bang wees nie. My pa sal jou nie in die hande kry nie. Jý is die een wat koning oor Israel gaan word. Ek sal onder jou wees. My pa weet dit sal so wees.”