1 SAMUEL 25:23-24
1 SAMUEL 25:23-24 Bybel vir almal (ABA)
Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy van die donkie afgeklim en laag voor Dawid gebuig, haar gesig was teen die grond. Sy het by Dawid se voete gaan lê en gesê: “Meneer, dit is my skuld. Ek wil asseblief met jou praat, jy moet luister na my.
1 SAMUEL 25:23-24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Abígail Dawid sien, het sy gou van die esel afgeklim en voor Dawid op haar aangesig neergeval en na die aarde toe gebuig. En sy het voor sy voete neergeval en gesê: Op mý, my heer, rus die skuld, maar laat u dienares tog voor u ore mag spreek, en luister na die woorde van u dienares.
1 SAMUEL 25:23-24 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy gou van die donkie af afgespring en vir Dawid eerbiedig gegroet. Sy het diep gebuig voor hom en gesê: “Verskoon tog die onreg, Meneer! Mag ek vertroulik met u praat? Luister tog na my woorde.
1 SAMUEL 25:23-24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy vinnig van die donkie afgeklim, voor Dawid neergeval en diep neergebuig met haar gesig teen die grond. Sy het by sy voete neergeval en gesê: “Die blaam rus op my, my heer. Laat my, u dienares, asseblief direk met u praat en luister na die woorde van u dienares.
1 SAMUEL 25:23-24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Abígail Dawid sien, het sy gou en die esel afgesteek en voor Dawid op haar aangesig geval en haarself na die grond gebuig. En hy het voor sy voete neergeval en gesê: Laat hierdie ongeregtigheid op my kom, my heer, en laat u dienares tog voor u gehoor spreek en die woorde van u dienares hoor.
1 SAMUEL 25:23-24 Die Boodskap (DB)
Toe Abigajil vir Dawid sien, het sy gou van die donkie afgeklim en by Dawid se voete met haar gesig teen die grond gebuig. Terwyl sy so by Dawid se voete op haar knieë staan, sê sy vir hom: “Dit is alles mý skuld, Meneer! Mag ek asseblief met u praat, en sal u so vriendelik wees om na my te luister?