1 SAMUEL 8:5-6
1 SAMUEL 8:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword, en u seuns volg nie in u voetspore nie. Stel dan nou vir ons 'n koning aan om ons te rig, soos dit by al die nasies is. ” Dit was egter verkeerd in die oë van Samuel dat hulle gesê het: “Gee vir ons 'n koning om ons te rig.” Samuel het toe tot die HERE gebid.
1 SAMUEL 8:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hom: Kyk, jy is oud, en jou seuns wandel nie in jou weë nie; maak nou vir ons 'n koning om ons te oordeel soos al die nasies. Maar die saak was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee vir ons 'n koning om ons te oordeel. En Samuel het tot die HERE gebid.
1 SAMUEL 8:5-6 Bybel vir almal (ABA)
en vir hom gesê: “Kyk, jy is al oud, en jou seuns doen nie soos jy nie. Jy moet nou vir ons 'n koning kies en aanstel om oor ons te regeer, dit is so by al die ander volke.” Samuel het gedink die leiers doen baie verkeerd toe hulle gevra het dat 'n koning oor hulle moet regeer. Samuel het tot die Here gebid
1 SAMUEL 8:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en sê vir hom: Kyk, u is oud, en u seuns wandel nie in u weë nie; stel nou 'n koning oor ons aan om ons te rig soos by al die nasies. Maar die woord was verkeerd in die oë van Samuel toe hulle gesê het: Gee ons 'n koning om ons te rig, en Samuel het tot die HERE gebid.
1 SAMUEL 8:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het vir hom gesê: “Kyk, u het oud geword. U kinders is nie soos u nie. Stel nou liewer 'n koning oor ons aan om oor ons te regeer, soos dit by al die nasies is.” Maar vir Samuel was dit verkeerd dat hulle gesê het: “Gee ons tog 'n koning om oor ons te regeer.” Samuel het tot die Here gebid
1 SAMUEL 8:5-6 Die Boodskap (DB)
Hulle sê vir hom: “U het oud geword en u seuns volg nie u voorbeeld nie. Stel dan nou ’n koning oor ons aan om ons regter te wees soos dit die geval is by al die ander nasies.” Samuel het niks gehou van die idee dat hulle gesê het: “Gee vir ons ’n koning om ons regter te wees,” nie. Hy het toe by die Here raad gaan vra.