1 TESSALONISENSE 1:1
1 TESSALONISENSE 1:1 Bybel vir almal (ABA)
Ek, Paulus, saam met Silvanus en Timoteus, skryf hierdie brief vir julle in Tessalonika, die gemeente wat behoort aan God die Vader en aan die Here Jesus Christus. Ons groet julle. Ons bid dat God genadig sal wees vir julle en dat Hy vir julle sy vrede sal gee.
1 TESSALONISENSE 1:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
PAULUS en Silvánus en Timótheüs aan die gemeente van die Thessalonicense wat in God die Vader en die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
1 TESSALONISENSE 1:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Van Paulus, Silvanus en Timoteus. Aan die gemeente van die Tessalonisense, wat aan God die Vader en die Here Jesus Christus behoort. Genade en vrede vir julle!
1 TESSALONISENSE 1:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Paulus, Silvanus en Timoteus, aan die •gemeente van die Thessalonisense, in God die Vader en die Here Jesus •Christus: Genade vir julle en vrede.
1 TESSALONISENSE 1:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Paulus en Silvanus en Timoteus aan die gemeente van die Tessalonisense wat in God die Vader en in die Here Jesus Christus is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus.