1 TESSALONISENSE 2:18-19
1 TESSALONISENSE 2:18-19 Die Boodskap (DB)
Ek het toe begin planne maak om weer in Tessalonika uit te kom. Weet julle, ek het hard probeer om na julle toe te kom, maar Satan het elke keer ’n stokkie voor my planne gesteek. Ek is verskriklik trots op julle, want ek weet julle is op pad na God se nuwe wêreld. Op daardie dag wanneer ons Here Jesus terugkeer, sal my hart oorloop van blydskap as ons voor Hom staan. Julle sal die bewys wees dat ek my werk vir die Here goed gedoen het. Dan sal ek nie my kop in skaamte hoef te laat sak nie.
1 TESSALONISENSE 2:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Ja, ons wou regtig na julle toe kom. Ek, Paulus, het self meer as een maal probeer om te kom, maar die Satan het ons gekeer. Julle moenie luister na wat ander mense sê nie. Dit is net julle en die ander gelowiges wat ons laat hoop, ons kan bly wees oor julle. Wat sal ons kry vir die werk wat ons gedoen het? Wat sal ons vir die Here Jesus kan wys wanneer Hy weer kom? Ons sal net julle en die ander gelowiges vir Hom kan wys.
1 TESSALONISENSE 2:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom wou ons na julle toe kom, ek Paulus, meer as een maal; maar die Satan het ons verhinder. Want wie anders as julle is ons hoop of blydskap of kroon van roem in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy wederkoms?
1 TESSALONISENSE 2:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarom wou ons weer na julle toe kom; ek, Paulus, het keer op keer probeer kom, maar die Satan het ons verhinder. Wie anders tog as julle is ons hoop en ons blydskap, die kroon op ons werk waarop ons trots sal wees wanneer ons met sy wederkoms voor die Here Jesus sal verskyn?
1 TESSALONISENSE 2:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daarom wou ons na julle kom – ek, Paulus, weer en weer – maar Satan het ons verhinder. Want watter hoop of vreugde of kroon van roem, behalwe juis julle, sal daar vir ons by die Here Jesus wees wanneer Hy kom?
1 TESSALONISENSE 2:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daarom sou ons na julle toe gekom het, ek Paulus, keer op keer; maar Satan het ons verhinder. Want wat is ons hoop of vreugde of kroon van blydskap? Is julle ook nie in die teenwoordigheid van onse Here Jesus Christus by sy koms nie?