1 TESSALONISENSE 3:13
1 TESSALONISENSE 3:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
So sal Hy julle innerlik sterk maak dat julle onberispelik en heilig voor God ons Vader sal staan wanneer ons Here Jesus kom saam met al sy heilige engele. Amen.
1 TESSALONISENSE 3:13 Bybel vir almal (ABA)
So sal die Here julle in julle harte laat glo dat julle heeltemal aan God behoort. Dan sal niemand julle kan beskuldig wanneer julle voor ons God en Vader staan nie, daardie dag wanneer die Here Jesus kom en wanneer al sy engele by Hom sal wees. Amen.
1 TESSALONISENSE 3:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat Hy julle harte kan versterk om onberispelik te wees in heiligheid voor onse God en Vader by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al sy heiliges.
1 TESSALONISENSE 3:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag Hy julle harte versterk, sodat julle met die koms van ons Here Jesus, saam met al sy heiliges, onberispelik in heiligheid voor ons God en Vader kan wees. •Amen.
1 TESSALONISENSE 3:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Tot die einde mag Hy julle harte bevestig, onberispelik in heiligheid voor God, ja, ons Vader, by die wederkoms van onse Here Jesus Christus met al Sy heiliges.
1 TESSALONISENSE 3:13 Die Boodskap (DB)
Ek bid dat julle lewe van binne af sal verander sodat julle die hele tyd net vir God sal leef. Dan sal daar nie ’n enkele krapmerk van die sonde in julle lewe te sien wees as julle op die laaste dag voor God ons Vader moet gaan staan nie. Op daardie dag wanneer ons Here Jesus en almal wat aan Hom behoort, terugkeer, sal julle spesiaal aan God toegewy wees. Dit is die waarheid!