1 TESSALONISENSE 3:3-4
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Timoteus moes gaan seker maak dat julle nie twyfel omdat julle swaarkry nie. Julle weet self dat gelowiges in hierdie wêreld sal swaarkry. Toe ons by julle was, het ons vir julle gesê dat ons sal swaarkry. Ons het dit gesê voordat dit gebeur het, en julle weet dit het alles presies so gebeur.
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
sodat niemand verontrus mag word onder hierdie verdrukkinge nie; want julle weet self dat ons hiervoor bestemd is. Want ook toe ons by julle was, het ons julle vooruit gesê dat ons verdruk sou word, soos dit ook gebeur het en soos julle weet.
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
sodat nie een van julle onder die vervolginge sou begin wankel nie. Dat ons ter wille van ons geloof vervolg sal word, staan vas. Dit weet julle. Toe ons nog by julle was, het ons julle al gewaarsku dat ons vervolg sal word, en soos julle weet, het dit ook gebeur.
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sodat niemand deur hierdie beproewinge ontstel word nie. Julle weet tog self dat ons daartoe bestem is. Want ook toe ons by julle was, het ons herhaaldelik vooraf vir julle gesê dat ons verdruk sal word, iets wat, soos julle weet, inderdaad gebeur het.
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dat niemand hom deur hierdie beproewinge laat beweeg nie, want julle weet self dat ons daartoe bestem is. Want voorwaar, toe ons by julle was, het ons vantevore vir julle gesê dat ons verdrukking moet ly; net soos dit gebeur het, en julle weet.
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Die Boodskap (DB)
Ek wil nie hê julle moet ophou glo nie, veral nie omdat julle nou begin ly vir julle geloof nie. Onthou, die Here het gesê dat ons vervolg sal word omdat ons glo. Toe ek nog daar by julle was, het ek dikwels gesê dat ons almal moet ly. Dit het toe presies net so gebeur.
1 TESSALONISENSE 3:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
sodat niemand onder dié vervolging sou begin wankel nie. Julle weet self dat ons vir vervolging bestem is. Ook toe ons nog by julle was, het ons vooraf vir julle gesê dat ons op die punt staan om vervolg te word. En, soos julle weet, het dit toe ook gebeur.